{"id":108,"date":"2026-09-17T14:09:49","date_gmt":"2026-09-17T14:09:49","guid":{"rendered":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/?page_id=108"},"modified":"2026-09-17T14:18:37","modified_gmt":"2026-09-17T14:18:37","slug":"die-stene-getuig","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/?page_id=108","title":{"rendered":"Die stene getuig"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Mattheus 24:1-2<\/strong>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">\u200b<strong><em>EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus s\u00ea vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s\u00ea vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag nog roep die klippe steeds uit en getuig van die waarheid van God se Woord! Hope afgebreekte opgestapelde klippe wat uitroep by die uitgrawings van die suidelike en \u2018n gedeelte van die westelike keermuur van die Tempelberg in Jerusalem. Die Tempelberg is eintlik \u2018n platvorm met \u2018n keermuur wat gebou was as fondasie vir die Tempel sodat die Tempel gebou kon word bo-op die dorsvloer wat Dawid in opdrag van God gekoop het as plek om offers tot God te bring. Die rots word volgens Joodse tradisie as die \u201choeksteen van die wereld\u201d beskou. Dis ook die plek waar Abraham sy seun Isak geneem het in opdrag van God en waar God \u2018n plaasvervanger voorsien het. Dawid het hierdie hoeksteen as dorsvloer gekoop om offers te bring voor God soos in 2 Samuel 24.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>2 Samuel 24:18-25<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong><em>Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en s\u00ea vir hom: Gaan op, bou vir die HERE \u2019n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die HERE beveel het. Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig. En Arauna het ges\u00ea: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop s\u00ea Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE \u2019n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou. Maar Arauna s\u00ea vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy o\u00eb, kyk, daar is die beeste as die brandoffer en die sle\u00eb en die trekgoed van die beeste as hout. Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning ges\u00ea: Mag die HERE u God \u2019n behae in u h\u00ea. Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer. Toe het Dawid daar vir die HERE \u2019n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is hier waar Dawid die begeerte gehad het om die Tempel tot eer van God te bou, maar die voorreg is deur God aan Dawid se seun Salomo gegee. In Lukas 19 lees ons van Jesus wat vanaf die Olyfberg kom en die Farise\u00ebrs daaraan herhinner dat die klippe sal getuig aangaande Sy almag indien Jesus se dissipels swyg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Lukas 19:37-40<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong><em>En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met \u2019n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle s\u00ea: Gese\u00ebnd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!<br>En sommige van die Farise\u00ebrs uit die skare s\u00ea vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!<br>En Hy antwoord en s\u00ea vir hulle: Ek s\u00ea vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie Woorde van Jesus soos elkeen van Sy Woorde het ewigheidswaarde. Jesus se proklamasie dat die stene Sy Koningskap sal aankondig was dalk op daardie stadium gesien in die lig van \u2018n wonderwerk wat sal gebeur deurdat die klippe die vermo\u00eb sal ontwikkel om te praat. Maar wat wel in die Bybel baie ges\u00ea word is dat die klippe sal getuig as \u2018n geskiedkundige herinnering aan \u2018n gebeurtenis wat plaasgevind het. So sien ons in Genesis 31 dat Jacob en sy skoonpa Laban klippe op mekaar gestappel het om te dien as \u2018n permanente getuie om hulle te herinner aan die ooreenkoms wat hulle gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens die reiniging van die Tempel het die Farise\u00ebrs weer soos gewoonlik weer Jesus se outoriteit bevraagteken en in vers 19 s\u00ea Jesus vir hulle breek hierdie tempel af en in 3 dae sal ek dit weer oprig. Hierdie nuwe tempel is die liggaam van Christus wat saam met Hom opgestaan het in \u2018n nuwe lewende tempel wat vrug kan dra tot eer van Hom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Johannes 2:18-21<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong><em>Toe antwoord die Jode en s\u00ea vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen? Jesus antwoord en s\u00ea vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. En die Jode s\u00ea: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig? Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nog \u2018n&nbsp; getuie is vervat in Mark 11:12-17, wat vertel van Jesus en Sy dissiples onderweg na die Tempel toe met die doel om die Tempel reining. Jesus maak twee belangrike proklamasies. Hy het die vyeboom bestraf wat nie vrug gedra het nie en nooit weer vrug sal dra nie. So het Jesus geproklameer dat Sy huis afgebreek sal word omdat dit nie vrug dra nie, en dat dit herbou sal word in die harte van die mens en dat \u2018n nuwe Tempel as die liggaam van Christus tot stand sal kom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag, amper 2000 jaar later, dien die stene van die afgebreekte Tempel, wat op hope l\u00ea langs die keermuur as getuie van \u2018n Tempel wat Jesus laat afbreek het omdat dit nie vrug gedra het nie, en hierdie stene getuig nie net van die verlede nie, maar dien steeds vandag as \u2018n getuie van wat Jesus van ons vra as Sy liggaam, om vrug te dra tot eer van Hom. Paulus herinner ons in&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1 Korinti\u00ebrs 3:16-17<\/strong>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Weet julle nie dat julle \u2019n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.<\/em><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mattheus 24:1-2&nbsp; \u200bEN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus s\u00ea vir hulle: Sien&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":112,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-108","page","type-page","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/108","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=108"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/108\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":110,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/108\/revisions\/110"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/112"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=108"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}