{"id":94,"date":"2026-09-15T16:52:28","date_gmt":"2026-09-15T16:52:28","guid":{"rendered":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/?p=94"},"modified":"2026-09-15T16:53:04","modified_gmt":"2026-09-15T16:53:04","slug":"israel-om-te-regeer-saam-met-god","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/?p=94","title":{"rendered":"Israel &#8211; &#8220;om te regeer saam met God&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gedagte dat vrees \u2018n versinsel van jou verbeelding is, hou verband met die konsep dat vrees &#8216;n produk is van ons eie verstand wat dikwels gefokus is op gedagtes oor die toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Israel, loop jy in die strate en jy sien lewe. Die mense kuier op straat, sing liedere, eet en is net gesellig. Een van die sinsnedes wat ons baie hoor is \u201cbaruch HaShem\u201d wat beteken dank die Here. Ek glo dis die dankbare harte wat ons gedagtes vul soos in Fillipense 4:6-8\u00a0 <strong><em>Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is \u2014 watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir ons is dit weereens \u2018n bevestiging van \u2018n land wat nie vertrou in hulself en hul eie onvermo\u00eb nie, maar wat hulle vertroue vestig in \u2018n Almagtige Skepper God. Ons het gisteraand in die strate gestap en net weereens die gesinne gesien met die jong kinders wat loop met vreugde in hul harte. Vir my is dit so bemoedigend om te besef dat omstandighede nie die hart van mense beinvloed nie, maar juis die hart van die mens wat sy omstandighede beinvloed. Ons het hierdie wete dat in Christus is ons meer as oorwinnaars in alle omstandighede, want ons hart is gevul met \u2018n hoop wat nie in onsself gevestig is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hoop van Israel is nie in wat hulle sien of hoor nie, maar is gevestig in die belofte van God. Hierdie belofte word geproklameer in hulle lewe, hulle kruip nie weg nie, maar leef asof die belofte reeds in vervulling gekom het. Hierin is die getuie van Israel vervat vir ons, ons hoef nie meer te leef vir eendag nie, want is Christus is die belofte \u2018n werklikheid vir ons.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag wil ek elkeen wat hierdie berig lees uitdaag om nie meer te leef vanuit \u2018n negatiewe toekoms nie, want ons toekoms in Christus is nie net \u2018n gedagte nie, maar \u2018n belofte vervat in die Woord van God. So kom ons proklameer wat ons glo, aangesien ons woord krag dra en mense om ons beinvloed. Kom ons neem ons erfenis in Christus in besit soos geskrywe is in Romeine 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nuwejaar van 5787(\u05ea\u05e9\u05e4\u05d6) begin vandag in Israel en beteken met verwysing na die laaste letters profeties, die WOORD WAT UIT DIE MOND UITGAAN IS \u2018N WAPEN. Dit bevestig SPREUKE 18VERS21 \u201cLEWE EN DOOD IS IN DIE MAG VAN DIE TONG\u201d\u00a0 Ons staan in geloof met Vader God en spreek lewe of ons kyk na omstandighede en spreek dood.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Jeremiah 17 vers 5 tot 8 bevestig hierdie beginsel van Vader God se WOORD.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>So s\u00ea die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. En hy sal wees soos \u2019n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, \u200b\u2019n brakkerige en onbewoonde land. Gese\u00ebnd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos \u2018N BOOM WAT BY DIE WATER GEPLANT IS en sy wortels uitskiet by die stroom en NIE VREES AS DIE HITTE KOM NIE, maar sy blad bly groen; en in \u2019n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-left wp-block-paragraph\"><strong><br><\/strong>In een gesprek met \u2018n Israeli wat Suid Afrika besoek het, het hy ges\u00ea wat vir hom uitgestaan het is die self gemaakte tronk waarin sy vriend bly. In \u2018n ander gesprek het \u2018n vrou ges\u00ea, dat alhoewel Israel duur is om in te bly is dit die beste land in die wereld om te bly. <strong>Hier is die effek van woorde baie duidelik, ons kan proklameer wat ons hoop en glo in die wete van \u2018n Alomteenwoordige God of ons kan leef sonder die teenwoordigheid van God en die toekoms sal\u00a0 vreesaanjaend wees, want \u2018n toekoms sonder God en Sy beloftes is vreesaanjaend.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gedagte dat vrees \u2018n versinsel van jou verbeelding is, hou verband met die konsep dat vrees &#8216;n produk is van ons eie verstand wat dikwels gefokus is op gedagtes oor die&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":95,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[7],"tags":[],"class_list":["post-94","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-geloofswaardes-israel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=94"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":97,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/94\/revisions\/97"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/95"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=94"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=94"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/sleutelgetuie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=94"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}