Skip to content
Sleutelgetuie

Menu
  • Home
Menu
Israel die Beloofde Land
Die Stene Getuig
Israel Gemeenskap

Die stene getuig

Mattheus 24:1-2 

​EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

Vandag nog roep die klippe steeds uit en getuig van die waarheid van God se Woord! Hope afgebreekte opgestapelde klippe wat uitroep by die uitgrawings van die suidelike en ‘n gedeelte van die westelike keermuur van die Tempelberg in Jerusalem. Die Tempelberg is eintlik ‘n platvorm met ‘n keermuur wat gebou was as fondasie vir die Tempel sodat die Tempel gebou kon word bo-op die dorsvloer wat Dawid in opdrag van God gekoop het as plek om offers tot God te bring. Die rots word volgens Joodse tradisie as die “hoeksteen van die wereld” beskou. Dis ook die plek waar Abraham sy seun Isak geneem het in opdrag van God en waar God ‘n plaasvervanger voorsien het. Dawid het hierdie hoeksteen as dorsvloer gekoop om offers te bring voor God soos in 2 Samuel 24.

2 Samuel 24:18-25

Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE ’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die HERE beveel het. Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig. En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE ’n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou. Maar Arauna sê vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as die brandoffer en die sleë en die trekgoed van die beeste as hout. Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God ’n behae in u hê. Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer. Toe het Dawid daar vir die HERE ’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.

Dit is hier waar Dawid die begeerte gehad het om die Tempel tot eer van God te bou, maar die voorreg is deur God aan Dawid se seun Salomo gegee. In Lukas 19 lees ons van Jesus wat vanaf die Olyfberg kom en die Fariseërs daaraan herhinner dat die klippe sal getuig aangaande Sy almag indien Jesus se dissipels swyg.

Lukas 19:37-40

En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met ’n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!
En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

Hierdie Woorde van Jesus soos elkeen van Sy Woorde het ewigheidswaarde. Jesus se proklamasie dat die stene Sy Koningskap sal aankondig was dalk op daardie stadium gesien in die lig van ‘n wonderwerk wat sal gebeur deurdat die klippe die vermoë sal ontwikkel om te praat. Maar wat wel in die Bybel baie gesê word is dat die klippe sal getuig as ‘n geskiedkundige herinnering aan ‘n gebeurtenis wat plaasgevind het. So sien ons in Genesis 31 dat Jacob en sy skoonpa Laban klippe op mekaar gestappel het om te dien as ‘n permanente getuie om hulle te herinner aan die ooreenkoms wat hulle gemaak het.

Tydens die reiniging van die Tempel het die Fariseërs weer soos gewoonlik weer Jesus se outoriteit bevraagteken en in vers 19 sê Jesus vir hulle breek hierdie tempel af en in 3 dae sal ek dit weer oprig. Hierdie nuwe tempel is die liggaam van Christus wat saam met Hom opgestaan het in ‘n nuwe lewende tempel wat vrug kan dra tot eer van Hom.

Johannes 2:18-21

Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen? Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. En die Jode sê: Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig? Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.

Nog ‘n  getuie is vervat in Mark 11:12-17, wat vertel van Jesus en Sy dissiples onderweg na die Tempel toe met die doel om die Tempel reining. Jesus maak twee belangrike proklamasies. Hy het die vyeboom bestraf wat nie vrug gedra het nie en nooit weer vrug sal dra nie. So het Jesus geproklameer dat Sy huis afgebreek sal word omdat dit nie vrug dra nie, en dat dit herbou sal word in die harte van die mens en dat ‘n nuwe Tempel as die liggaam van Christus tot stand sal kom. 

Vandag, amper 2000 jaar later, dien die stene van die afgebreekte Tempel, wat op hope lê langs die keermuur as getuie van ‘n Tempel wat Jesus laat afbreek het omdat dit nie vrug gedra het nie, en hierdie stene getuig nie net van die verlede nie, maar dien steeds vandag as ‘n getuie van wat Jesus van ons vra as Sy liggaam, om vrug te dra tot eer van Hom. Paulus herinner ons in 

1 Korintiërs 3:16-17 

Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

Recent Posts

  • Israel ons Broer
  • Israel – “om te regeer saam met God”
  • Selichot gebed

‘n Tyd Skrif

Die gedagte van 'n tydskrif as die sleutelgetuie is gefundeer in die tyd wat ons onself in bevind, waar ons almal weet dat ons nader beweeg aan die eind tyd. Die Skrif as God se Woord verteenwoordig die waarheid en Israel dien as 'n getuie van die waarheid van God se Woord.

Hoekom Israel

In Jesaja 43:10 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

Wie is ons

In Jesus Christus is ons almal geroep om te getuig van God en Sy naam so te verheerlik. Ons is slegs een van die baie getuies wat getuig van 'n Almagtige Skepper God wat in liefde Sy Seun Jesus Christus gestuur het, sodat elkeen van ons Hom kan ken en Sy Seun kan ken.
©2026 Sleutelgetuie | Design: Newspaperly WordPress Theme