Skip to content
Sleutelgetuie

Menu
  • Home
Menu
Israel die Beloofde Land
Die Stene Getuig
Israel Gemeenskap

Israel – “om te regeer saam met God”

Posted on September 15, 2026

Die gedagte dat vrees ‘n versinsel van jou verbeelding is, hou verband met die konsep dat vrees ‘n produk is van ons eie verstand wat dikwels gefokus is op gedagtes oor die toekoms.

In Israel, loop jy in die strate en jy sien lewe. Die mense kuier op straat, sing liedere, eet en is net gesellig. Een van die sinsnedes wat ons baie hoor is “baruch HaShem” wat beteken dank die Here. Ek glo dis die dankbare harte wat ons gedagtes vul soos in Fillipense 4:6-8  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Vir ons is dit weereens ‘n bevestiging van ‘n land wat nie vertrou in hulself en hul eie onvermoë nie, maar wat hulle vertroue vestig in ‘n Almagtige Skepper God. Ons het gisteraand in die strate gestap en net weereens die gesinne gesien met die jong kinders wat loop met vreugde in hul harte. Vir my is dit so bemoedigend om te besef dat omstandighede nie die hart van mense beinvloed nie, maar juis die hart van die mens wat sy omstandighede beinvloed. Ons het hierdie wete dat in Christus is ons meer as oorwinnaars in alle omstandighede, want ons hart is gevul met ‘n hoop wat nie in onsself gevestig is nie.

Die hoop van Israel is nie in wat hulle sien of hoor nie, maar is gevestig in die belofte van God. Hierdie belofte word geproklameer in hulle lewe, hulle kruip nie weg nie, maar leef asof die belofte reeds in vervulling gekom het. Hierin is die getuie van Israel vervat vir ons, ons hoef nie meer te leef vir eendag nie, want is Christus is die belofte ‘n werklikheid vir ons.

Vandag wil ek elkeen wat hierdie berig lees uitdaag om nie meer te leef vanuit ‘n negatiewe toekoms nie, want ons toekoms in Christus is nie net ‘n gedagte nie, maar ‘n belofte vervat in die Woord van God. So kom ons proklameer wat ons glo, aangesien ons woord krag dra en mense om ons beinvloed. Kom ons neem ons erfenis in Christus in besit soos geskrywe is in Romeine 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Die nuwejaar van 5787(תשפז) begin vandag in Israel en beteken met verwysing na die laaste letters profeties, die WOORD WAT UIT DIE MOND UITGAAN IS ‘N WAPEN. Dit bevestig SPREUKE 18VERS21 “LEWE EN DOOD IS IN DIE MAG VAN DIE TONG”  Ons staan in geloof met Vader God en spreek lewe of ons kyk na omstandighede en spreek dood. 

Jeremiah 17 vers 5 tot 8 bevestig hierdie beginsel van Vader God se WOORD.

So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. En hy sal wees soos ’n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ​’n brakkerige en onbewoonde land. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos ‘N BOOM WAT BY DIE WATER GEPLANT IS en sy wortels uitskiet by die stroom en NIE VREES AS DIE HITTE KOM NIE, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.


In een gesprek met ‘n Israeli wat Suid Afrika besoek het, het hy gesê wat vir hom uitgestaan het is die self gemaakte tronk waarin sy vriend bly. In ‘n ander gesprek het ‘n vrou gesê, dat alhoewel Israel duur is om in te bly is dit die beste land in die wereld om te bly. Hier is die effek van woorde baie duidelik, ons kan proklameer wat ons hoop en glo in die wete van ‘n Alomteenwoordige God of ons kan leef sonder die teenwoordigheid van God en die toekoms sal  vreesaanjaend wees, want ‘n toekoms sonder God en Sy beloftes is vreesaanjaend.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Recent Posts

  • Israel ons Broer
  • Israel – “om te regeer saam met God”
  • Selichot gebed

‘n Tyd Skrif

Die gedagte van 'n tydskrif as die sleutelgetuie is gefundeer in die tyd wat ons onself in bevind, waar ons almal weet dat ons nader beweeg aan die eind tyd. Die Skrif as God se Woord verteenwoordig die waarheid en Israel dien as 'n getuie van die waarheid van God se Woord.

Hoekom Israel

In Jesaja 43:10 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

Wie is ons

In Jesus Christus is ons almal geroep om te getuig van God en Sy naam so te verheerlik. Ons is slegs een van die baie getuies wat getuig van 'n Almagtige Skepper God wat in liefde Sy Seun Jesus Christus gestuur het, sodat elkeen van ons Hom kan ken en Sy Seun kan ken.
©2026 Sleutelgetuie | Design: Newspaperly WordPress Theme