Skip to content
Sleutelgetuie

Menu
  • Home
Menu
Israel die Beloofde Land
Die Stene Getuig
Israel Gemeenskap

Die Gemeenskap van Israel

Die fees van sukkot in Israel is ‘n tyd van gejubbel waarin die eenheid van Israel as ‘n nasie, hoewel divers, hulle ‘n gemeenskaplike geskiedenis vier, God se redding vanuit Egipte sodat hulle Sy nasie kan wees. soos God hulle vanuit Egipte gered vir Homself as ‘n nasie. Hierdie fees van sukkot is gefokus om die volk elke jaar daaraan te herinner dat God hulle as een volk vereenig het onder Sy wolk in die woestyn..

Een van die aspekte van die fees is die koop van ‘n geskenk pak van 4 verskillende produkte insluit. ‘n “Citron” tipe suurlemoen, ‘n palm tak, myrtel bossie en wilgertakkie.

Elkeen van die produkte is verteenwoordigend van die samestelling van Israel. Die “Citron” vrug het ‘n aangename reuk en smaak en verteenwoordig die Israeli wat Torah kennis het en die vrug daarvan dra. Die palm tak wat ryp is maar geen vrug dra nie is verteenwoordigend van die Israeli met Torah kennis maar nie die vrug dra nie. Die mytrel bos het ‘n soet reuk sonder smaak en verteenwoordig die Israeli wat vrug dra sonder kennis van die Torah. Die wilgertak het geen reuk of smaak nie en verteenwoordig die Israeli wat nie kennis van die Torah het nie en ook nie vrug dra nie.

Hierdie benadering wat gevier word in die fees tyd van sukkot maak Israel juis uniek as ‘n gemeenskap. Hulle erken mekaar as Israel, sonder om te diskrimineer mbt waardes en verskille, die erkenning is gegrond in die wete dat God Israel in sy diversiteit gered het as geheel. Hierdie erkenning van mekaar, maak dat Israel mekaar respekteer, jy loop in die straat en sien die diversiteit maar ook die wedesydse respek vir mekaar as Israeli.

As kinders van ons Hemelse Vader, is dit vir ons ook belangrik om te besef ons redding in Christus is en nie in ons eenvormigheid nie. Juis in die kennis dat ons steeds divers is in ons menswees, maar verenig is in die liefde van ons Hemelse Vader geopenbaar in Sy Seun Jesus Christus. As ons dink aan die fees van sukkot in verhouding tot ons as kinders van God besef ek net opnuut, dat ons eendag almal voor ons Hemelse Vader gaan staan met net een element wat ons vereenig, die Bloed van die Lam. As ons as kinders na mekaar kan kyk deur die Kruis van Jesus wat ons skuld van ons verwyder het en ons verenig het in ‘n nuwe verbond deur Sy bloed, dan besef ons dit gaan nie oor ons nie, maar oor die Een in wie ons verenig is, en ons bedek deur Sy bloed soos ‘n sukka oor ons. Dan raak die verskil al minder sigbaar en die eenheid staan al meer uit. 

Recent Posts

  • Israel ons Broer
  • Israel – “om te regeer saam met God”
  • Selichot gebed

‘n Tyd Skrif

Die gedagte van 'n tydskrif as die sleutelgetuie is gefundeer in die tyd wat ons onself in bevind, waar ons almal weet dat ons nader beweeg aan die eind tyd. Die Skrif as God se Woord verteenwoordig die waarheid en Israel dien as 'n getuie van die waarheid van God se Woord.

Hoekom Israel

In Jesaja 43:10 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

Wie is ons

In Jesus Christus is ons almal geroep om te getuig van God en Sy naam so te verheerlik. Ons is slegs een van die baie getuies wat getuig van 'n Almagtige Skepper God wat in liefde Sy Seun Jesus Christus gestuur het, sodat elkeen van ons Hom kan ken en Sy Seun kan ken.
©2026 Sleutelgetuie | Design: Newspaperly WordPress Theme